Geraasfobie vir Weerlig, Klappers en Geweerskote
Douw van der Nest
Raad ten opsigte van geraasfobie.
Desensitasie deur klankterapie.
Klankterapie moet sistematies en doelgerig uitgevoer word.
Jaghonde ontvang gereeld en voortdurend klankterapie, sodat hulle nie ‘n fobie toon vir geweerskote nie.
Speel CD-opnames van geraas: eers by lae volume en verhoog die volume geleidelik, terwyl die hond se aandag afgelei word met ‘n plesierige aktiwiteit, soos om te eet, of om met die eienaar of ander troeteldiere te speel. Die eienaar moet ‘n kalm en ontspanne atmosfeer skep, tydens die etery of spelery of die eienaar moet aangaan met gewone roetine daaglikse aktiwiteite, maar die eienaar moet nie die hond met ‘n gepaaiery probeer gerusstel nie, aangesien dit die fobie-gedrag sal versterk.
Desensitasie vind oor ‘n periode van weke tot ‘n paar maande plaas: daaglikse sessies van 5 tot 10 minute kan na ‘n positiewe uitwerking waarneembaar is, geleidelik verminder word na weeklikse sessies.
Verskaf 'n veilige den, bv.
- 'n bekende binnehuisie, hokkie of mandjie
- 'n tafeldoek wat 'n lae tafel bedek, of
- toegang om onder 'n bed te lê.
Moenie die troeteldier beperk tot ‘n enkele kamer nie.
Farmakologiese steun vir ekstreme gevalle.
Angsiolitiese middels, ‘n spesifieke aminosuur en beta-blokkermiddels kan in verskillende kombinasies as ‘n hulp by die desensitasie-program gebruik word, maar alleen sal die kombinasies van middels van geen waarde as behandeling wees nie. Baie mense het nie begrip vir die feit dat ‘n gedragsprobleem met ‘n desensitisasie-progam benader behoort te word of wil nie die moeite van ‘n desensitisasie-program ten uitvoer bring nie. Hul soek net ‘n vinnige oplossing, soos pilletjies. Die kombinasies van middels sonder ‘n desensitisasie-program is onsuksesvol as behandeling.
Die middels sal sommige honde help met die fisiese tekens van paniek as dit vooraf gegee word, verkieslik ‘n week vooraf, maar sal van mindere waarde wees na paniek ingetree het. Die middels verbloem die fobie deur die fisiese tekens van paniek wat die eienaar sien, te onderdruk. Aangesien honde storms voel aankom voor mense, is medikasie minder prakties vir storms. Mense weet soms vooraf wanneer klappers geskiet sal word en as die middels vooraf gegee word, sal die middels sommige honde help met die fisiese tekens van paniek.
Die middel of kombinasies wat die beste vir ‘n spesifieke troeteldier werk, moet deur die troeteldier-eienaar bepaal word deur toetse.
Die middels sal die lewenslange progressie van die fobie vertraag, maar nie genesing bewerkstellig nie; desensitisasie is noodsaaklik vir genesing.